Posts made in May, 2017

Non violent communication – the work of Marshall Rosenberg

Posted by on May 31, 2017 in front page slider | 0 comments

Non violent communication – the work of Marshall Rosenberg

I have found the work of Marshall Rosenberg very inspiring.  It challenged me to really look at my thinking and talking and my own role in creating peace in the world.  With the support of the Gauteng NVC group we learn this new language together. For more by Marshall himself, view his numerous workshops on you-tube: https://www.youtube.com/watch?v=CwHBD7Ihy5U   I wrote a reflection in January 2017 in Afrikaans below. ‘n Stuk geskryf vir SES (Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit) in Januarie 2017. Oor die aanleer van ‘n nuwe taal wat kan lei tot ‘n hele nuwe manier van wees. ‘n Refleksie oor Marshall Rosenberg se lewenswerk: Nie-geweldadige kommunikasie (Non-voilent Communication, NVC) Deur Eleen Polson, Januarie 2017  Inleiding Ek het vrede gemaak met die feit dat ek altyd ‘n student gaan wees. Hoe langer ek leef, hoe meer leer ek en hoe meer besef ek hoe min ek eintlik weet. Vandat ek my vooropgestelde idee dat ek eintlik ‘behoort te weet’ opgegee het, en die vrees vir die onkunde bevriend het, is dit makliker. Nou ontvou my lewe as ‘n opwindende, soms angswekkend, soms ekstatiese reis. My nuutste ontdekking slaan my asem weg in die trefkrag wat dit het. Dit is gelyktydig elegant en eenvoudig asook fenomenaal moeilik en uitdagend. Pure Zen. Wat dit so kragtig maak, is dat die essensiële boodskap daarvan besonder tydig is in ons ongelukkige wêreld. My wonderlike nuwe mentor is Marshall Rosenberg (1934-2015) en sy nie-geweldadige kommunikasie (Nonviolent Coomunication, NVC). Kommunikasie in ons samelewing Ons is nooit geleer om te kommunikeer nie. Dit was nie ‘n skool-vak nie, en op universiteit het Kommunikasiekunde nie juis gegaan oor hoe om self met mense te kommunikeer nie. Dit was voor dit in die vak plek gemaak het vir ander wetenskappe, soos sosiologie, sielkunde en antropologie. Ons kommunikasie vaardighede het ons aste ware saam met moedersmelk ingekry, en is deur ons samelewing voorgeskryf. Hierdie samelewing van ons is gebaseer op ‘n hiërargiese struktuur wat al die laaste 8000 jaar in plek is, ongeveer toe mense in groot groepe begin saam leef het in die landbou-era. Daar was ‘n koning, hoofman, tsaar of ‘n dergelik amp wat outoriteit moes afdwing. Dit was nodig dat onderdane nie te veel vir hulself dink nie. Die gewone burger of stamlid is ekstern gemotiveer en moes aan reëls – wat reg en verkeerd uitgewys het – voldoen om in te pas en die sisteem te laat werk. Dit het mettertyd gelei tot die paradigma waarin ons vandag steeds funksioneer waar elke persoon as reg of verkeerd geklassifiseer word; alle gedrag kan geëvalueer word volgens ‘n gemeenskaplike eksterne maatstaf. Volgens Marshall Rosenberg (2012, 2015) kan hierdie ingesteldheid nie anders as tot geweld te lei nie: as ek reg is, moet jy verkeerd wees, en ek sal my punt beveg of verdedig. Ek sal myself aanval en straf as ek myself as verkeerd beoordeel. Ons is die hele tyd besig om ons eie egos te beskerm en is in ‘n konstante staat van verdediging – of die ‘ons’ nou ‘n individu, ‘n groep mense of a soewereine staat is. Straf, geweld en beloning is geregverdig in hierdie scenario en ons kinders word van kleins af geleer om met straf en beloning gemotiveer te word. “Hy vra vir ‘n pak-slae.” is bekend in meeste families. Om nie eens te praat van geweld as vermaak en ontspanning nie: van die Blou bulle wat die Stormers pak, tot reekse wat in familie tyd op TV wys en waar reg en verkeerd aan die orde van die dag is. Die taal wat ontwikkel rondom hierdie manier van dink en doen, is staties, beskrywend en kategoriserend: “Sy is…, Ons is….” As ons nog ‘n “altyd” of “nooit” kan bysit, voel ons soveel meer geregverdig in die opinie en posisie wat heeltyd van ons vereis word. In sielkunde het ek geleer dat stereotipering “normaal” is en ‘n strategie vir oorlewing in ons komplekse samelewing. Dit kan moontlik al die geweld begin verklaar, omdat ons dit as normaal aanvaar. Maar is daar iets anders? Kan ons anders optree? Alhoewel my oë oopgegaan het vir...

Read More

Creative Learning 4 Life

Posted by on May 29, 2017 in front page slider | 0 comments

Creative Learning 4 Life

                  Creative Learning 4 Life is a expressive arts therapy initiative to foster creativity in schools. It uses Expressive arts therapy and the specific Creative Connection process. Expressive arts is a collective term for all creative expressions, including drama, dance, creative writing, singing, music making, visual art and craft. Expressive arts therapy aims to integrate these different expressions into therapy and personal development. The process of participation in expressive arts aims to allow and integrate different parts of the self. By focusing on the doing in a non-judgmental space, release of emotions and stress is achieved, and insight and integration are gained. Expressive arts therapy has its roots in art therapy, music therapy, psychodrama, process work, creative writing and mindfulness training. Creative Connection® is a specific expressive arts therapy tool defined by Prof Natalie Rogers. It integrates two or more forms of art expression in a supportive setting to help clients to experience and express their feelings, and to facilitate integration. The focus is on the process of creating and not on the end-product or the performance. Music and movement are combined with visual art, clay work, creative writing, singing and/or contemplation. Visit the Creative Learning 4 Life web-site for more information on courses and offerings. Dates and bookings can be done here:  Calendar and Bookings We also have a FACEBOOK PAGE with some photos and interesting links to browse.  ...

Read More